Welkom by Renov

Sedert die ontstaan van RENOV in 1983 is die vervaardigingsproses verbeter om duursame verf van 'n hoë gehalte te lewer wat landwyd by die meeste koöperasies beskikbaar is.

Jare se ervaring en die terugvoer uit alle oorde het van RENOV 'n leweransier van hoogstaande gehalte gemaak. 'n Leweransier wat hoofsaaklik sy gesogte roesweringsverf (ACP 28) en sy ewe gewilde waterdigtingsverf aan duisende tevrede verbruikers versprei. Hierdie gehalte word verseker deur slegs van die beste beskikbare grondstowwe in die vervaardigingsproses gebruik te maak

Voel gerus vry om ons te kontak indien u enige navrae het.